MOSSELBAAI NUUS - Vroue geklee in wit het Saterdagoggend opnuut hulle stemme gevoeg tot die refrein Count me in, wat vanjaar se tema vir die 16 dae van aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders is.
Die vroue het 'n tee bygewoon aangebied by die Portao Diaz Hotel. Die geleentheid is gereël deur die KwaNonqaba-polisie.
In haar openingswoord, het die adjunkbevelvoerder van die Da Gamaskop-polisiesone, kol Una Saayman gesê dat indien almal net doen wat van hulle verwag word in terme van hulle Christelike geloofsoortuiging, mense mekaar nie skade sal aandoen nie. Indien dit sou gebeur, sou daar soveel meer bereik kon word tydens bewusmakingsveldtogte soos die 16 dae van aktivisme het sy gesê.
Gasspreker Linkey Jones het die vrou besiel met 'n skrifgebaseerde boodskap oor eiewaarde. Regsgeleerde van Sanlam, Marelize Faul, het die vroue ingelig oor die belangrikheid van 'n geldige testament.
Sanlam het as borg opgetree tydens die geleentheid en Jakkalsvlei-wynplaas het ook produkte geskenk. Gasvrou het gesorg vir pragtig versierde tafels waar heerlike eetgoed bedien is.
Vroue van 'n handwerkgroep in Danabaai het 'n skenking gedoen aan die KwaNonqaba-polisiestasie, wat spesifiek saamgestel is om hulp te verleen aan slagoffers van geslagsgebaseerde geweld, asook kinderslagoffers van seksuele misdrywe.
'n Drama-aanbieding is gedoen deur Vuyo Mfumbe en 'n werkskollega, Zinthle.
Woordvoerder van die KwaNonqaba-polisie, sers Kappie Kapp (agter) saam met die gaste van die wentafel.
"Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus."