MOSSELBAAI NUUS - Na skole op 1 Junie geopen het, het plaaslike weldoeners uitgereik na Hoërskool Sao Bras wat se matrieks van die eerste was wat weer na die skoolbanke teruggekeer het.
Donalda Bantom en haar span, insluitend haar dogter Diandra van Concerned Women of Mossel Bay het toiletware asook data geskenk aan 40 van die skool se matrikulante.
"Ons is baie dankbaar vir die skenking namens ons matrieks," sê Debbie Jeffrey, 'n opvoeder by dié skool.
Dankbare matrieks wat 'n skenking van data en toiletware ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'