Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n 36-jarige vrou van Mosselbaai het vanmiddag by Glentana in die see verdrink.
Nooddienste is om ongeveer 14:15 na die strand ontbied.
Die vrou het geswem toe sy in die moeilikheid beland het. Die vermoede bestaan dat sy in 'n seestroom beland het.
Nooddienspersoneel het vir ongeveer 40 minute kardiopulminêre resussitasie op haar toegepas maar sy is op die toneel dood verklaar.
VIDEO - Paramedikus praat oor verdrinking by Glentana:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'