MOSSELBAAI NUUS - Nie alle stories wat begin met die woorde "eendag, lank, lank gelede" verloop soos 'n feeverhaal nie, maar dit beteken dikwels dat 'n sprokieseinde tog 'n moontlikheid is.
Mitch Saayman, 'n Mosselbaaise vrou en plaaslik bekend vir haar gemeenskapswerk, se ouers is vier maande uitmekaar oorlede toe sy 17 jaar oud was. Haar suster was 15 en haar bababoetie maar net drie.
Op 18-jarige ouderdom is volle toesig oor haar suster en boetie aan haar toegeken. Na haar ouers se afsterwe was sy die "moeder" in die huis en het met haar boetie op haar skoot, vir haar matriekeindeksamen geleer.
Mitch se lewe 'n paar interessante draaie gemaak. Haar lewensverhaal sal 'n vrou wat moed opgegee het, nuwe hoop gee.
Uit haar getuienis is My Stairs To The Palace gebore. Tydens hierdie besonderse afspraak op 9 Februarie 2021, aangebied in die Mosselbaai-stadsaal, vertel Mitch Saayman hoe sy "die trappe na die paleis geklim het".
'n Beperkte aantal sitplekke is beskikbaar. Vir enige verdere navrae, kontak vir Mitch Saayman (082 373 9204), Chantel Moos (073 254 4845), Chantel Williams (081 124 5121), Hagar Petersen (082 372 0597) of Melody Ockhuis (072 454 8596). Kaartjies kos R150 per persoon en sluit 'n ligte ete in.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'