GROOT-BRAKRIVIER NUUS - 'n Vrou is gistermiddag met 'n mes in die NG Kerk Groot-Brakrivier aangehou.
Die vrou was besig om voor in die kerk in Langstraat blomme te rangskik toe 'n verdagte by een van die sydeure ingegaan het en haar met 'n mes gedreig het.
Die slagoffer se hande is vasgebind en die mes is teen haar keel gedruk.
Die verdagte het die slagoffer van haar selfoon beroof en gevlug.
Die polisie ondersoek 'n saak van roof.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'