MOSSELBAAI NUUS - ‘n Besoeker aan Delfino’s Restaurant op Mosselbaai, Marcia Kimpton het ‘n allemintige fooitjie van R94 000 gelos.
Kimpton ‘n Amerikaanse aktrise, het gister op Donderdag, 11 November middagete saam met ‘n groep mense by die restaurant geëet. Sy is tans in Suid-Afrika vir filmwerk.
Volgens die bestuurder, Johan Coetzee was daar ‘n vrolike atmosfeer aan tafel. Mosselbaaier, Zathan McCarthy (21) het die tafel bedien. Die kliënte het onder meer calamari, slaai en hoender geëet.
“Die vrou het vir my gesê sy hou van hoe ek haar wyn skink en hoe ek haar benader. Ons het grappies gemaak. Die groep het Engels gepraat en ek het hulle die Afrikaanse woord 'lekker' geleer. Hulle het die woord agter my aangesê,” vertel Zathan.
Hy sê Kimpton het daarna die rekening gevra.
Fooitjie
“Sy het my gevra hoeveel sy my moet 'tip'. Ek het vir haar gesê net soveel soos sy op die hart het om vir my te gee.”
Zathan sê sy skryf toe ‘n fooi van R94 000 uit.
“Ek het dadelik vir my Hemelse Vader dankie gesê. Sy vra my toe: 'I am going to bless you today. Will you be able to bless someone else?'”
Die rekening waarop die fooi van R94 000 aangedui is.
"Ons besluit toe dat ons die fooi tussen die personeel wat saam met my aan diens was sal verdeel."
Zathan sê sy ouers het hom so grootgemaak om nie net na homself te kyk nie, maar na die mense om hom ook.
Johan sê Kimpton het aangedring om ‘n fooi van R94 000 te los. "Sy het gesê sy het baie goeie diens ontvang en dat sy die positiwiteit van die kelners en die omgewing geniet het."
Hy sê hy het haar gevra of sy seker is sy wil die fooi los. “Nog twee bestuurders het met haar gesels en sy het aangedring daarop om die fooi te los.”
Die transaksie is toe deurgevoer.
Eienaar van die restaurant, Albert Wiffen sê hy is dankbaar namens sy personeel vir hierdie meevallertjie. “Die restaurantbedryf en ons personeel het weens Covid-19 baie swaargekry. Ek gun hulle dit.”
Hy voeg skertsend by dat die diens seker ook besonder goed was.
Summary:
An American producer and actress, Marcia Kimpton who dined at Delfino's Restaurant in Mossel Bay yesterday, 11 November proceeded to tip her waiter R94 000. The waiter, Zathan McCarthy told the Mossel Bay Advertiser that he will be sharing his tip with his colleagues. Kimpton told McCarthy that she was going to bless him and then asked him if he would then be able to bless someone else. McCarhty said he was raised to be mindful of others and not selfish. Management at the restaurant, before concluding the transaction, asked Kimpton if she was sure about the amount she wished to tip. She repeatedly confirmed the amount. Owner of the restaurant, Albert Wiffen, welcomed Kimpton's generosity, since Covid-19 had such an adverse effect on the restaurant industry.
Kimpton has agreed to an interview with the Advertiser as soon as her schedule allows this weekend.
Zathan McCarthy sê hy is dankbaar vir die fooi wat hy ontvang het. Zathan werk reeds sewe maande by die restaurant.
Marcia Kimpton het hierdie foto op sosiale media gedeel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'