MOSSELBAAI NUUS - 'n Vrou is laat Vrydagaand in haar huis in PapMbebestraat in KwaNonqaba dood toe sy nie van die vlamme wat haar huis vernietig het, kon ontsnap nie.
Hilda Stuurman (46) se liggaam is deur brandbestryders binne die huis gevind nadat die brand wat die huis vernietig het, omstreeks 21:40 op 6 Oktober geblus het.
Volgens wat berig word, was die elektrisiteitstoevoer na die huis afgesny.
Die huis het ook nie oor enige deur beskik nie, en die deuropening is slegs met 'n matras beskut.
Stuurman was ten tye van die voorval alleen in die huis.
Die oorsaak van die brand word ondersoek.
Mosselbaai se uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal en die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, het die toneel van die brand op Maandagoggend besoek om hulp aan te bied aan Stuurman se twee volwasse kinders wat haar oorleef.
Mosselbaai se uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal en die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, het die toneel van die brand waarin 'n vrou, Hilda Stuurman oorlede is, op Maandagoggend besoek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'