GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Hoe besonders is dit dat twee vriendinne, Hildegard Serfontein (102) en Anette Muller (99) onlangs saam op 'n stoep op Die Eiland, Groot-Brakrivier kon kuier.
Hildegard en Anette vier 'n vriendskap van 70 jaar en het ook dikwels saam in hul jonger dae op Die Eiland vakansie gehou.
Gesamentlik is die twee Mosselbaaiers meer as 200 jaar oud.
Hildegard en Anette was ook kollegas op Swellendam vanaf 1948 tot 1953.
Hildegard se seun, Fritz Ferreira en Anette se seun, Deon Grebe het die afgelope week saam met hul ouers by Fritz se huis op Die Eiland gekuier.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'