Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Vroue, oud en jonk van Mosselbaai en omgewing gaan hul solidariteit betoon teen die geweldsituasie in Suid-Afrika wat veral vrouens en kinders betref.
'n Vreedsame optog na die Mosselbaai-landdroshof word beplan vir Donderdag 26 September en is gister met die Mosselbaai-munispaliteit bespreek.
“Ons wil 'n versoek rig dat alle vroue en dogters in swart gewaad die optog moet meemaak. Indien seuns en mans in solidariteit saam met ons wil stap, vra ons dat hulle wit bostukke sal aantrek,” versoek die organiseerders.
Die optog teen geslagsgebaseerder geweld wat op Donderdag, 26 September gehou word begin om 09:00 begin.
Kyk 'n video hieronder
Deelnemers sal op die oop veld langs Hoërskool Sao Bra, op die hoek van Skool- en Mosselstraat vergader om vandaar om 10:00 te begin stap.
Die oorhandiging van die memorandum sal om 12:00 by die Mosselbaai-landdroshof plaasvind.
“Ons wil 'n versoek rig dat alle vroue en dogters in swart sal dra. Indien seuns en mans in solidariteit saam met ons wil stap, kan hulle wit bo-stukke dra. Geen politieke - of sport verbandhoudende kledingstukke nie asseblief,” versoek die organiseerders.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'