MOSSELBAAI NUUS - ‘n Vragmotor se sleepwa het gistermiddag, 5 Mei omstreeks 15:00 in die Robinsonpas omgeslaan nadat die vrag begin skuif het.
Volgens die polisiewoordvoerder van Da Gamaskop, kaptein Wollie Fourie, was die 28-jarige bestuurder van die Nissan-vragmotor op pad vanaf Oudsthoorn na Mosselbaai.
Die bestuurder, wat alleen in die vragmotor was, het teen die pas afgery toe hy agterkom dat die vrag besig was om te skuif. Toe hy op die skouer van die pad stilhou, het die sleepwa omgekantel.
Provinsiale verkeersbeamptes van Mosselbaai was ‘n tyd lank op die toneel. Die ongelukstoneel is later opgeruim. Die bestuurder van die vragmotor het geen beserings opgedoen nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'