MOSSELBAAI NUUS - Die opleidingsentrum vir volwasse onderrig of ABET soos dit algemeen bekend staan, het verlede week hul toekenningsgeleentheid gehou.
Denise Tobias neem reeds etlike jare leiding by hierdie sentrum waar besonderse werk gedoen word om onder meer volwassenes van beter geleenthede danksy opvoeding te kan verseker.
Tydens die geleentheid het dr Esau Willemse as spreker opgetree. Willemse, wat nederige grootwordjare in Oudtshoorn beleef het, het sy doktorsgraad in teologie aan die Universiteit van Pretoria verwerf en daardeur 'n inspirasie vir ander geword.
Van die ABET-studente het vanjaar uitsonderlike prestasies behaal. Raadsdame Venolea Fortuin, wat reeds sedert 2011 by die sentrum betrokke is, het die sentrum geloof vir die goeie werk wat hulle doen vir diegene wat nie hulle skoolloopbane kon voltooi vanweë omstandighede nie.
Trotse studente van die sentrum vir volwasse onderrig oftewel ABET wat onlangs hulle sertifikate ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'