Video
TUINROETE NUUS EN VIDEO - Die N2 rigting Danabaai was vanoggend om ongeveer 11:30 vlugtig gesluit weens ‘n Volkswagen Kombi wat aan die brand geslaan het.
Polisiewoordvoerder, ao Kappie Kapp het die insident bevestig en sê ‘n vrou (47) was besig om te bestuur toe haar voertuig, 'n Volkswagen Kombi, aan die brand geslaan het.
Sy het van die pad afgetrek en is nie in die voorval beseer nie. Hy sê die voertuig het heeltemal uitgebrand.
Die brand is intussen geblus en die pad is weer oop.
Kapp sê owerhede is op die toneel en besig om die area op te ruim.
VERSKAFDE VIDEO (Video: Veneta Claassen):
Foto's: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’