MOSSELBAAI NUUS - ‘n Voertuig het vanoggend op die N2 duskant Glentana gerol.
Die polisie het bevestig dat niemand in die voorval beseer is nie.
Volgens die Groot-Brakrivier-polisiewoordvoerder, sers Laurianne Botha was slegs een voertuig betrokke, en het die band vermoedelik gebars.
Meer inligting is nie tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'