MOSSELBAAI NUUS - Lede van Klein-Brakrivier VLV-tak het onlangs saamgestaan om 'goed-voel' klippies vir CancerCare George se A Celebration of Life, Love, Hope and Legacy-dag te verf.
Hierdie spesiale dag vir uitgenooide gaste is ter ere van Cancer Warrior Kings and Queen's en gaan gepaard met pret, feestelikhede en die inspirerende storie van Trauma, Hope and Triumph wat deur Erik Holm aangebied sal word.
Taklede Christa Vreugdenburg, Deville du Plessis, Dawn Greyling, Susànne le Roux, Christine Marais, Lynette Nel, Christa van Dyk en Marelize Bekker (sommige by die huis en ander in gesellige groepies), het bykans 200 klippies met positiewe boodskappe tussen hulle gedoen en aan CancerCare oorhandig.
Klein-Brakrivier taklede is trotse ondersteuners van CancerCare se inisiatiewe.
Van die pragtige geverfde klippies.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’