MOSSELBAAI NUUS - Tydens VLV Hartenbos se maandelikse vergadering op Dinsdag, 28 Maart, is 'n bydrae van nodige medikasie aan Amanda Prinsloo vir die ACVV-tehuise oorhandig.
Japie Gouws, voormalige besturende direkteur van ATKV was die gasspreker en het die ontstaan, groei en ontwikkeling van die ATKV met die lede gedeel.
Die lede het die praatjie baie insiggewend gevind.
VLV Hartenbos-tak nooi belangstellendes om by hulle aan te sluit en lekker saam te kuier.
Vir navrae skakel 076 151 9607.
Hartenbos VLV-voorsitter Rita Burger (regs) saam met Amanda Prinsloo van die ACVV.
Van die medikasie wat aan die ACVV-tehuise oorhandig is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’