OUDTSHOORN NUUS - Tydens hul April-vergadering het die vroue van VLV Voëlvlei interessante inligting en raad gekry oor die forensiese verpleging van verkragtingslagoffers.
Herma Vosloo, sielkundige en kenner op dié gebied, het haar ondervinding op simpatieke wyse aangebied en het die gehoor deurentyd geboei.
Die besoekers is ook deur die sameroepers ingelig oor watter margarien die beste is om botter te vervang in gebak, die moets en moenies vir die benadering tot persone met demensie en Alzheimers en het hul kunsvermoëns getoon deur met klei te wys waarvoor hulle dankbaar is.
Ronel Laubscher, sameroeper vir Kuns en Handvlyt, het gesels oor Garden Route Food Pantry se uitstekende nuwe produk, naamlik Food Socks. Met die verkoop van die produk voed hul meer as 700 kinders in die Eden-distrik. VLV Voëlvlei se opbrengs van hul marktafel is vir dié projek aangewend.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’