VLV Voëlvlei sluit 2017 vrolik af

Joan Muller is al 57 jaar lank 'n lid van die VLV en vier eersdaags haar 90ste verjaarsdag.

MOSSELBAAI NUUS - Met hulle pas afgelope vergadering, het die VLV Voëlvlei se program vir 2017 ten einde geloop. 

Die vroue het op Dinsdag, 10 Oktober bymekaargekom by die Hansie en Grietjie Padstal, net buite Vleesbaai vir 'n vrolike kuiertjie rondom keurig gedekte tafels.

Agt lede wat getrou elke vergadering gedurende 2017 bygewoon het, word beloon met 'n lepeltjie en die vroue word bedank vir hul lojaliteit en toewyding.

Verskeie toekennings is aan die vroue gemaak wat gedurende 2017 gereeld aan die verskillende kompetisies deelgeneem het. 

Ada Gericke verower die eerste plek met die meeste inskrywings. 

Anna Marie van der Merwe was tweede en Mien Naude, derde.

Johlene Muller dra 'n spesiale boodskap oor aan Joan Muller wat binnekort haar 90ste verjaarsdag vier en reeds 57 jaar lid van die Vroue Landbou Vereniging (VLV) is. 

Mien Naude, Anna Marie van der Merwe en Ada Gericke kuier alte lekker by die Hansie en Grietjie Padstal.

Sy woon die maandelikse vergaderings gereeld by en het tot onlangs gehelp met die brei van blokke vir kombersies vir Kansa.

"Daar word reeds beplan en gewerk aan die program vir 2018 en ons glo dat die maandelikse byeenkoms 'n hoogtepunt vir die vroue van Voëlvlei sal wees," berig Elize Mocke van dié tak.

'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'


Your comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser