MOSSELBAAI NUUS - Lede en gaste van die Klein-Brakrivier VLV-tak het die tak se 85ste bestaanjaar op Saterdag, 1 Julie, met groot vreugde gevier. Dié tak is op 1 Julie 1938 deur mev Dora Robertson gestig.
Hierdie spesiale dag “Deur die Dekades” is bygewoon deur Mosselbaai se munisipale raadslede Anton Dellemijn en Annetjie Janse van Rensburg, bestuurslede van SWD-Sirkel, die Klein Brak-takbestuur en lede asook lede van ander VLV-takke en spesiale genooide gaste.
Prag-tafels, tematies verteenwoordigend vanaf 1930 tot vandag, is deur die tak se kreatiewe gasvroue voorberei.
Die JK-lyndansers het onder luide toejuiging vir ‘n hoogtepunt gesorg, en Layla van Layla-Belle Photography het besondere foto’s vir die nageslag vasgevang.
Die Klein-Brakrivier tak is beslis hier vir die volgende 85 jaar!
Christa van Dyk, Christa Vreugdenburg en Gerda Sieberts, beslis 70s.
Cecilia en Meisie se 1940-dames.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’