KLEIN BRAK NUUS - Lede van die Klein-Brakrivier VLV-tak was die afgelope maand weer baie doenig. Daar is vaardighede aangeleer soos die kuns van dot art (puntverf), hoe om blomhouers uit klei maak en dan is daar ook 'n werkswinkel aangebied in hoe om hekel-mosaïekwerk te doen.
Van die lede het ook by die Wêreld Hekel- en Breidag by die Punt op Mosselbaai ingeskakel.
Bingo-oggend
Komende Dinsdag, 28 Junie gaan daar 'n heerlike bingo-oggend wees. Almal, insluitend mans word uitgenooi na hierdie pretoggend wat deur Retha Horn georganiseer is.
Die byeenkoms begin om 10:30 en vind in die Reebok-gemeenskapsaal plaas. Toegang beloop R30 per persoon en sluit sop en broodjies in. Bingokaartjies is teen R5 beskikbaar.
Deelnemers kan daarna uitsien om groot pryse van verskillende borge te wen.
Om jou plek vir die bingo-oggend te bevestig, kontak gerus vir Retha Horn (063 797 4695). Vir meer inligting oor al die bedrywighede van die Klein-Brakrivier VLV-tak of om aan te sluit, kontak Lynette Nel (083 448 5548).
Daar is ook 'n werkswinkel aangebied in hoe om hekel-mosaïekwerk te doen.
Christa van Dyk bemeester die tegniek om 'n potplanthouer van klei te maak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'