MOSSELBAAI NUUS - Die Vroue-landbouvereniging (VLV) is 'n vroue organisasie wat aan sy lede die geleentheid vir persoonlike vooruitgang en diens aan die gemeenskap bied.
By die Klein-Brakrivier VLV-tak, wat hierdie jaar sy 85ste bestaansjaar vier, word hierdie doelstellings steeds met groot entoesiasme omarm.
Gedurende Maart / April vanjaar was daar reeds 'n besoek aan die George Botaniese Tuine vir 'n toer deur die Roofvoëls Rehabilitasie area; bywoning van werkwinkels om papier te maak, koekies te versier en proteas van materiaal te maak.
In die vooruitsig vir April is daar 'n uitstappie en geleentheid om oor Akwaponika te leer, en vir Mei is daar 'n besoek aan 'n kaasfabriek in die pyplyn.
Die tak ondersteun hierdie jaar vier gemeenskapsprojekte, waarvan die hooffokus die ondersteuning van Helpende Hand se 'Hulp vir Jannie'-projek is.
Vir enige inligting, bywoning of om aan te sluit kontak vir Lynette (083 448 5548), Leedee (082 928 5624) of loer op die webwerf vlv.co.za
Klein-Brakrivier taklid Christene Marais, met haar selfgemaakte protea.
Klein-Brakrivier taklid, Lucia du Plessis by die “Royal Icing’ werkwinkel wat op 15 April plaasgevind het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’