KLEIN BRAKRIVIER NUUS - Lede van die VLV Klein-Brakriviertak het op 26 Maart onder leiding van Dee Disney (gesondheidsportefeulje) byeengekom vir heerlike en leersame kuier.
Liggaamlike stres ontstaan wanneer die liggaam nie by 'n oorlading van stres kan aanpas nie. Die oorsake kan meganies-, geestelik-, emosioneel of chemiese faktore wees.
Aanvanklik word hierdie stres as moegheid, styfheid of 'n dooie gevoel in sekere areas ervaar, maar later tree pyn in. Die gevolge mag verskil, maar die beteken 'n stadige agteruitgaan in liggaamsgesondheid.
Adri Mans, 'n opgeleide praktisyn vertel hoe die liggaam se reflekse geïnterpreteer word om te bepaal waar stres en spierkontraksie voorkom. Wanneer die oorsaak van die stres geïdentifiseer is, voer die praktisyn 'n reeks spesifieke bewegings, wat die senuselselsel stimuleer en die liggaam se self helende potensiaal aktiveer, uit. Praktisyne verskaf ook wenke vir die minimalisering van stres in die aangetaste areas wat lei tot 'n beter lewensgehalte.
Die middag het ook verdere handige demonstrasies en wenke ingesluit. Dee het gedemonstreer hoe maklik en koste-effektief dit is om seeptablette vir 'n skottelgoedwasser self te maak. Ook hoe om jou eie handeroom en sjokolade met rou heuning, in plaas van suiker te maak. Kompetisietafels het weer eens gekreun onder al die inskrywings en die teetafels het gesteier onder heerlike eetgoed.
"Teken solank 30 April aan vir 'n heerlike kuier- en kenmekaarmiddag waartydens almal kan help om inkopiesakke te maak om die gebruik van plastieksakke in ons omgewing, te verminder."
'Ons bring jou die nuutste Klein Brakrivier, Tuinroete nuus'