GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Op 21 Desember om 19:30 word inwoners en vakansiebesoekers uitgenooi om vroegaand hul plekke in te neem en mee te doen aan die skouspel van vlotte met kerse wat op die Groot-Brakrivier te water gelaat word.
Die gebeure vind plaas in Langstraat oorkant die polisiekantoor. Families en vriende kan met kombers en piekniekmandjies langs die rivieroewer uitspan.
Boodskapkaartjies en kerse vir vanjaar se geleentheid kan reeds by die vulstasie op Groot Brakrivier, @Home Baking in Langstraat of Groot Brak Mark by die museum-inligtingtafel gekoop word.
Boodskappe en wense word opgehang en kerse in houers word teen skemer aangesteek.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'