Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Mosselbaaier Paul Hoeksema hou daarvan om enige tipe kos op die kole gaar te maak. Hy is veral lief vir ‘n braaibroodjie en geniet ‘n tradisionele braaibroodjie.
Wanneer hy dinge egter interessant wil maak, sit Paul graag vleis op sy braaibroodjie. “Ek hou van ham of spek op my braaibroodjie.”
Paul is die voormalige voorsitter van Round Table Mosselbaai 32 en is steeds deel van die tafelaars se internasionale paneel. Hy werk as mediabestuurder by Pinnacle Point en wanneer hy nie werk nie maak hy ‘n vuurtjie tuis.
Paul sien nie sommer neer op braaiers nie, maar die een ding waaroor hy uitgesproke is, is wanneer ‘n braaier houtskool (charcoal) in die plek van hout gebruik.
VIDEO - Paul Hoeksema is een van die beoordelaars wat Saterdag sal help besluit wie Mosselbaai se braaibroodjie wenner is:
Die Mossel Bay Advertiser se braaibroodjie kompetisie vind Saterdag by die ATKV se Koswerf op Hartenbos plaas. Dit begin om 10:00 en inwoners is welkom om ‘n draai te maak.
Die bekende Feff Gericke sal ook 'n gasvertoning lewer en is soos Hoeksema een van die beoordelaars.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’