MOSSELBAAI NUUS - Jongmense uit die Vleesbaai-omgewing het die afgelope naweek, op Saterdag, 8 Oktober 'n besondere gemeenskapsdiens verrig terwyl hulle so speel-speel die waarde van 'n gesonde omgewing geleer is.
Wyk 11 wykskomiteelid, Arthur Cloete het die jongklomp tydens die skoolvakansie beywer om 'n skoonmaakoperasie op die strand tussen Boggomsbaai en Vleesbaai te hou.
Die jongklomp is met 'n interessante praatjie begeester om nie net die strande ter wille van die seelewe skoon te hou nie maar ook gewys op die waarde van 'n gesonde omgewing.
Daar is ook versnaperinge deur Vleesbaai Dienste en Wyk 11 aangebied en selfs die kleingoed wat te jonk was vir die skoonmaak-operasie, kon ook tuis aan die heerlike eetgoed smul.
Fransmanshoek se natuurbewaarders het waardevolle kennis nie net oor die marienelewe nie maar ook oor die waarde van ‘n skoon omgewing aan die jongklomp oorgedra.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'