MOSSELBAAI NUUS - Besorgde strandgebruikers het navraag gedoen nadat honderde klein vissies, sommiges nog lewendig, vanmiddag op Hartenbos se strand uitgespoel het.
Dit volg nadat die Hartenbosriviermond op 17 April oopgemaak is om vloedskade te voorkom.
Volgens Phillip Vermaak van Hartenbos Rivierforum kom daar twee tipes Tilapia in die Hartenbosrivier voor, Tilapia sparrmanii en Mozambique Tilapia (Oreochromis mossambicus). Veral die Mosambiek Tilapia is n geharde vis maar beide spesies kan in soutwater oorleef. ’n Skielike verandering in see temperatuur, is ook ‘n bydraende faktor tot die vrektes. Beide spesies is indringers.
Mnr Warren Manual van die Mosselbaai Munisipaliteit het gesê dat die Munisipaliteit die dooie visse so spoedig moontlik sal verwyder.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'