MOSSELBAAI NUUS - Lede van die Vista Rolbalklub op Klein-Brakrivier ondersteun die Friemersheim Kleuterskool op verskeie gebiede.
Tydens die kleuterskool se onlangse jaarlikse 'gradeplegtigheid', het Vista-lede vir elke kleuter wat volgende jaar na graad R bevorder is, 'n rugsak geskenk.
Die rugsak het die kleuter se naam op en bevat die volledige stel skryfbehoeftes wat die kleuter vir graad R benodig.
Tydens die 'gradeplegtigheid' het Rossouw von Solms, van Vista, as geleentheidspreker opgetree en ook die sertifikate aan die kleuters oorhandig. Friemersheim Kleuterskool bedank hiermee vir Vista Rolbalklub vir hul volgehoue ondersteuning en veral vir die rugsakke van hierdie kleuters wat volgende jaar 'groot skool' toe gaan.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'