MOSSELBAAI NUUS - Lede van die plaaslike vissersgemeenskap het vandeesweek ooreengekom om Maandag ‘n petisie aan die plaaslike polisie te oorhandig met betrekking tot, onder meer, hulle vryheid van beweging.
Die vissermanne beweer dat hulle tans veral sukkel om kos op die tafel te sit en dat dit daarom noodsaaklik vir hulle is om vis te vang nie net vir hulle eie huishoudings nie, maar ook vir hulle bure wat in sekere gevalle selfs slegter daaraan toe is.
Icosa-leier en plaaslike raadslid Dawid Kamfer, wat deur lede van vissersgemeenskap genader is, het bevestig dat hy tans in gesprek met die owerhede is rakende verslapping van die regulasies en dat ‘n petisie tans saamgestel word.
“Ons gaan Maandag na ‘n plaaslike polisiekantoor om die petisie te oorhandig.”
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'