Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - ‘n Groot groep lede van die plaaslike vissersgemeenskap het vanoggend byeengekom by die Da Gamaskop-polisiestasie om ‘n petisie te oorhandig.
Die vissermanne versoek onder meer dat regulasies verslap word wat hulle bewegings om te gaan visvang betref. Die versoek word gerig omdat hulle voel dit ‘n manier is om kos op die tafel te sit terwyl grootskaalse kosnood in die gemeenskap heers.
Bevelvoerder van die Da Gamaskop-polisiestasie, luitenant-kolonel Virgie Julius, het die groep te woord gestaan en die petisie in ontvangs geneem. Icosa-leier,
Dawid Kamfer wat ook die byeenkoms op versoek van die vissersgemeenskap bygewoon het, is intussen krimineel aangekla ingevolge die Wet op Rampbestuur. ‘n Boete is aan Kamfer uitgereik omdat die byeenkoms, ingevolge die genoemde wet, onwettig was.
Mossel Bay Advertiser-joernalis, Jannie du Plessis was op die toneel tydens die byeenkoms.
Du Plessis het met handelaars in visgerei gesels oor hulle ervaring van die inperkingsregulasies. (video-skakel). Video-onderhoude met lede van die vissersgemeenskap volg ook.
Kyk 'n video hieronder:
Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'