MOSSELBAAI NUUS - Nooddienswerkers het vanmiddag met die hulp van die EMS lugambulans 'n visserman van Fransmanshoek na 'n plaaslike hospitaal afgevoer.
Dit blyk volgens ooggetuies van die reddingspoging dat die visserman, geskat op omtrent 30 jaar oud, op die rotse gegly en seergekry het.
Volgens beweringe was die man en sy vrou vir die dag van Oudtsnoorn af by Fransmanshoek om vis te vang toe die ongeluk gebeur het.
Nooddienswerkerkers is ontbied om hom van die rotse te red en die lugambulans is daarna uitgeroep om die man na die hospitaal af te voer.
Dit is nie tans bekend wie die visserman is nie.
Geen verdere inligting is tans bekend nie.
Die voorval het by Fransmanshoek plaasgevind.
Nooddienswerkerkers is ontbied om hom van die rotse te red en die lugambulans is daarna uitgeroep om die man na die hospitaal af te voer.
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'