MOSSELBAAI NUUS - Vier gewapende mans het gisteraand 'n spazawinkel op Wolwedans, Groot-Brakrivier beroof. Polisiewoordvoerder sers Lauriane Botha sê die voorval het tussen 20:00 en 21:00 plaasgevind.
Botha sê die verdagtes was in klapmusse en het die eienaar van die winkel asook 'n kliënt met die vuurwapen gedreig.
Hulle het daarna met twee selfone en kontant gevlug. Niemand is tydens die voorval beseer nie. Die polisie ondersoek 'n saak van gewapende roof. Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’