MOSSELBAAI NUUS - Na 41 jaar in diens van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het ao Dianne Oosthuizen afgetree.
Oostuizen was verbonde aan die KwaNonqaba-polisie en het haar gemeenskap, veral die mense van Herbertsdale met besonderse passie gedien.
"Sy laat 'n groot leemte en ons almal gaan haar mis. Voorwaar 'n ystervrou," het die kommunikasiebeampte van die KwaNonqaba-polisie, sers Kappie Kapp gesê.
Luitenant Asiza Mandongana, bevelvoerder van die KwaNonqaba-polisiestasie, bygestaan deur kapteins TC le Roux en Matthew Sabatha, het aan Oosthuizen 'n sertifikaat van waardering tydens haar afskeid oorhandig.
Tydens die geleentheid by die Oceans Hotel, het kollegas Oosthuizen ingewag en 'n erewag met haar aankoms gevorm om haar te verwelkom.
"Volgens ons rekords was ao Oosthuizen plus minus 14 000 dae in diens van die polisie, waarvan sy slegs vir 120 dae met siekverlof was. Wat 'n toonbeeld van lojaliteit."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'