Video
GROOT-BRAKRIVIER NUUS EN VIDEO - 'n Ses-en-twintig-jarige man van Groot-Brakrivier maak vandag sy eerste hofverskyning in die Mosselbaai Landdroshof op ‘n aanklag van besigheidsroof nadat ‘n spazawinkel op 13 Mei in die woongebied, Wolwedans beroof is.
Polisiewoordvoerder, Sersant Laurianne Botha sê die verdagte het in die winkel ingegaan en 'n kapmes op die toonbank neergesit waarna hy 'n sakkie aartappels gesteel het.
Die verdagte het daarna inwoners wat buite die winkel gestaan het genooi om hulself met goedere in die winkel te help.
Hierdie selfoonvideo van die voorval doen sedertdien die rondte op sosiale media. Botha sê hulle is bewus van die video.
“Meer arrestasies sal binnekort volg.”
Kyk die video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'