Na aanleiding van ‘n artikel wat vroeër die week geplaas is, blyk dit daar verwarring is oor die bedryfstye op plaaslike strande. Die artikel het gestipuleer dat Mosselbaai se Blouvlagstrande slegs tussen sekere tye in bedryf sal wees.
Dit beteken egter nie dat hierdie strande slegs tussen spesifieke ure besoek kan word nie, maar dui daarop dat die strande gedurende daardie spesifieke ure by die Blouvlagstrande-maatreëls moet hou. Byvoorbeeld, gedurende hierdie tye word geen honde op strande toegelaat nie. (Honde word in seisoentyd tussen sekere tye op sekere strande toegelaat. Indien honde-eienaars wil sekermaak waar honde toegelaat word, kan hulle die munispaliteit skakel by 044 606 500.)
Skoonmaakspanne sal ook gedurende hierdie ure op die strande wees, asook lewensredders. Periodieke strandpatrollies sal ook gedurende hierdie ure verrig word.
Besoekers kan dus gedurende die bedryfstye met ‘n geruste hart die strande geniet, met ekstra versekering oor skoonheid, higiene, veligheid ens.
• Hartenbos - 9 Desember tot 20 Januarie - 09:00 tot 17:00
• De Bakke - 9 Desember tot 20 Januarie - 09:00 tot 17:00