Gallery
MOSSELBAAI NUUS - In reaksie op 'n onlangse artikel oor 'n Mosselbaaier wat 'n spesiale uitgawe van die Oudtshoorn Courant se eeuviering besit, het nóg 'n plaaslike geskiedenisliefhebber sy skatte met die buitewêreld gedeel.
Francois Conradie, wat reeds sedert sy kinderdae in oudhede belangstel en dit versamel, is die trotse eienaar van die Mossel Bay Advertiser se 100 jaar- gedenkuitgawe. Conradie, wat veral in die geskiedenis van Mosselbaai belangstel, het 'n groot versameling oudhede wat spesifiek betrekking het op die dorp en die dae van weleer.
Hy is ook 'n dienende lid van die Erfeniskomitee en het verlede jaar tydens die Soul Festival besoekers aan sy stalletjie gaande gehad.
Bo en behalwe die 100 jaar-gedenkuitgawe, besit Conradie ook 'n aantal ou uitgawes van die Advertiser wat so ver terugdateer as die 1930s.
Fotogalery: Desjare se gedenkuitgawe van Mossel Bay Advertiser
Getrou aan sy versamelaarsinstink, koop hy weekliks die Advertiser op 'n Vrydag. "Ek doen dit al sedert my kinderdae," sê Conradie met trots.
Verwante artikel: Versamelaar 'n 'ryk man'
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'