MOSSELBAAI NUUS - Francois Conradie ken klaarblyklik nie die einde van sy skatte nie. Dit is nou as jy rykdom meet aan die ougoed wat jou 'n kykie in die verlede gee.
Tydens verlede week se Soul Festival, het Conradie 'n stalletjie beman wat ten beste as 'n "opspringmuseum" beskryf kan word.
Conradie het in sy prille jeug reeds groot belangstelling in oudhede getoon en het hom daarop toegelê om items verteenwoordigend van Mosselbaai se vroeëre jare te versamel.
By sy stalletjie kon belangstellendes na ou foto's van Mosselbaai kyk, asook items sien van besighede wat nie meer bestaan nie.
Daar is was onder meer breekgoed van die bekende Lounge Cafe, Park en Grand Hotelle, wat al vergaan het, asook goedere van die ou Lennon's apteek, waarvan die gebou steeds in Marshstraat is, maar 'n ander onderneming huisves.
Die vergete Pallas Pharmacy se goedere is ook uitgestal.
Conradie het in sy laerskooldae reeds die Mossel Bay Advertiser gehaal, toe die koerant oor dié kranige versamelaar berig het.
Hy het oor die jare bekendheid plaaslik verwerf as versamelaar en meer nog, 'n liefhebber van ougoed.
Op dié manier het baie mense hulle kleinood aan erfstukke aan hom toevertrou, wetend dat dit in goeie hande sal wees.
Met sy passie vir Mosselbaai en die dorp se erfgoed, dien hy op die Mosselbaai Erfenisvereniging en is ook 'n lid van die Vriende van die Dias Museum.
Francoise Conradie by sy "opspringmusuem".
Items uit die ou Lennon's apteek waarvan die gebou steeds in Marshstraat sigbaar is.
Outentieke items van besighede in Mosselbaai asook talle ou foto's van bekende families wat al vergaan het, is uitgestal.
'n Kykie na hoe Mosselbaai was, wat mense aangetrek het en ander ougoed is uitgestal.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'