MOSSELBAAI NUUS - Verpleegsterdag word jaarliks gehou om die belangrike rol van verpleegsters, te gedenk. Nasionale Verpleegsterweek eindig op 12 Mei, die geboortedag van Florence Nightingale.
Hartenbos-versorgingsoord het dié geleentheid gevier met eet- en drinkgoed.
Verpleging, of dit nou in ‘n hospitaal, kliniek, spreekkamer, ouetehuis of elders is, is ‘n onbaatsugtige diens van medemenslikheid. Dit is bekend as ‘n besonderse roeping vir diegene met unieke deernis en empatie teenoor pasiënte.
Die Internasionale Raad van Verpleegsters (ICN), het versoek dat daar vanjaar veral, in die lig van die Covid-19-pandemie, spesiaal moeite gedoen moet word om verpleegsters en vroedvroue erkenning vir hulle werk te gee.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'