Update
MOSSELBAAI NUUS - Die twee sekuriteitswagte wat vanoggend om ongeveer 05:30 dood by die hek van die Louis Fourieweg-oorlaaistasie gevind is, was beide inwoners van Asla Park.
Die polisie sê kommunikasiebeampte, ao Kappie Kapp se die slagoffers was 28 jaar oud. Hulle identiteit kan nog nie bekend gemaak word nie omdat hulle familie nog nie van hul dood ingelig is nie.
Volgens Kapp was die twee sekuriteitswagte aan diens ten tye van die voorval. "Albei is geskiet." Die omstandighede van die voorval word ondersoek.
Enigeen met inligting word versoek om die ondersoekbeampte in die saak te kontak by 044 606 5633.
Vorige artikel: Security guards found dead
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'