MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-speurtak vra die publiek se hulp om Shadley Kiewiet op te spoor. Kiewiet was laaste gesien op Dinsdag, 6 Desember net voor 08:00 by ‘n kleuterskool in Sampsonstraat, uitbreiding 23, waar hy sy kind afgelaai het.
Shadley se familie en geliefdes het agterdogtig geraak omdat hy tot op hede met niemand kontak gemaak het nie.
Sy voertuig is omstreeks 16:00 by die Langeberg Mall gevind is.
Enige persoon wat inligting het waar Shadley Kiewiet homself bevind, kan met sers Sonika du Plessis in verbinding tree. (044 606 2213).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'