MOSSELBAAI NUUS - Hierdie hondjie, 'n Schnauzer reuntjie, het gisteraand, Dinsdag 5 November, by sy "ouerhuis" in die St Blaize-kompleks in Mosselbaai bo-dorp uitgeglip en is steeds soek.
Sy gryskleurige haartjies is intussen kortgeknip en nie tans lank soos op die onlangse foto nie.
Hy was nog nooit op sy eie nie en sal bangerig en moontlik verskrik wees.
Enige iemand met inligting oor hom word gevra om asseblief vir Charlene Roos by 082 567 4560 te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'