TUINROETE NUUS - Geregtigheid het vir ‘n 74-jarige vrou, wat verkrag en gewurg is geseëvier, toe haar aanvaller altesame 33 jaar gevangenisstraf opgelê is.
Die 19-jarige beskuldige, Pieter Swart, het skuldig gepleit op aanklagte van diefstal, verkragting en aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Swart het die bejaarde vrou op Sondag, 22 Januarie, in haar huis op Riversdal aangeval.
Die slagoffer is gewurg en verkrag en Swart het sy tyd geneem om die huis te deursoek voordat hy op die vlug geslaan het.
Hy is die volgende dag, op Maandag, 23 Januarie, op Riversdal in hegtenis geneem.
Swart is gistermiddag in die Mosselbaai-streekhof op ‘n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer tot effektief 10 jaar gevangenisstraf gevonnis. Op ‘n aanklag van verkragting is hy tot altesaam 20 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Vir die aanklag van diefstal is Swart drie jaar tronkstraf opgelê. Hy sal minstens 20 jaar moet uitdien voor hy vir parool in aanmerking mag kom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’