MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Suidgemeente nooi die publiek uit om op Saterdag, 4 Mei saam met hulle te kom kuier wanneer hulle 'n verkoping van tweedehandse klere en witolifante teen baie bekostigbare pryse hou. Daar gaan ook hap-en-trapetes en 'n tee- en koffietuin wees.
Die verkoping begin reeds 08:00 en sal oop wees tot 11:00. Al hierdie interessanthede vind in die kerksaal in 15de Laan, net langs die kerkgebou, plaas.
Wat gaan verkoop word?
Enige gebruikte artikels - alles wat in ongebruik is en by 'n huis in 'n kas of stoorkamer gebêre was. Goeie tweedehandse klere, beddegoed en gordyne sal ook beskikbaar wees.
Smullekker kitsetes en snoeperye, asook drinkgoed sal verkoop word. "Kom kry sommer iets vir ontbyt of middag-ete en stap deur die saal, miskien kry jy iets wat jy al lankal soek! Of kom kuier net lekker saam met vriende en familie."
"Ons wil graag met hierdie poging ook diegene in die gemeenskap wat swaarkry help - die pryse is baie laag."
Navrae kan gedoen word by ds Danie Smit (044 691 1450 of 084 701 4386).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'