MOSSELBAAI NUUS - Na 'n versoek vanuit die gemeenskap aangaande verwarring oor die verkeersteken op die R102 na Klein-Brakrivier, verskaf Mosselbaai se verkeershoof, Henry Williamson uitklaring.
Die verwarring bestaan aangaande 'n verkeersteken weerskante van die brug oor die Klein-Brakrivier.
"Die teken dui aan dat die voertuig wat eerste die toegeestreep op die pad bereik, ry-voorrang geniet. Dit word deur die dik, swart pyl op die verkeersteken aangedui, terwyl die dun, rooi pyl aandui dat die ander voertuig moet wag. 'n Verdere geskrewe teken wat hierdie beginsel uiteensit, sal binnekort tot die bestaande teken toegevoeg word ter verduideliking."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'