WES-KAAP NUUS - Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa tree vandag na 46 diensjare af.
Africa het groot geword in Genadendal in die Overberg en sê hy was nog op laerskool toe hy al geweet het dat hy ‘n verskil op die land se paaie wil maak.
Africa het oor die jare topprestasies as verkeersbeampte behaal en verskeie gesogde erkennings ingeryg.
Die 65-jarige Africa gaan by sy huis in Die Strand aftree en beplan om ‘n outobiografie oor sy lewe te skryf.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'