MOSSELBAAI NUUS - Die Midbrak-buurtwag en die Groot-Brakrivier-polisiestasie nooi alle inwoners van die Groot Brak-omgewing en alle besoekers aan die dorp om die Midbrak-buurtwag vergadering op 19 Desember, by die Rheebok-gemeenskapsaal by te woon.
Die woordvoerder van die Groot-Brakrivier-polisiestasie, sers Chantel Marais, sê huisbrake het die afgelope tyd in die kusgebied toegeneem.
"Die polisie tesame met sekuriteitsmaatskappye sal inwoners en besoekers toespreek en bewus maak van die nuutste huisbraak tendens en modus operandi van huisbrake wat gerapporteer word.
"Voorkomingswenke sal ook bespreek word asook die noodsaaklikheid van alarmstelsels in wonings."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'