MOSSELBAAI NUUS - Alle vroue van die omgewing word uitgenooi om deel te wees van 'n nasionale gemeenskapsprojek.
Granny B, vervaardiger van kunsprodukte, loods 'n insamelingsveldtog namens Reach for a Dream. Hierdie instansie reik uit na kinders onder 18 jaar, wat aan terminale siektes ly, om hul te motiveer en drome te bewaarheid.
Reach for a Dream gaan op Saterdag, 2 November poog om 'n wêreldrekord op te stel wanneer vroue landwyd om 09:00 met die verfprojek begin.
Die plaaslike projek vind in die Danabaai-gemeenskapsaal plaas. Elke deelnemer maak 'n skenking van R250 aan Reach for a Dream terwyl Granny B al die produkte skenk.
Belangstellendes moet so gou as moontlik hulle besprekings doen deur vir Willa Erasmus by 084 485 5883 te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'