MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie, in samewerking met misdaadintelligensie en die Mosselbaai-polisie het tydens 'n middernagtelike gesamentlike operasie drie verdagtes gearresteer.
Die drie word volgens die KwaNonqaba-polisie verbind met onlangse gewapende rooftogte in onder meer Aalwyndal, die middedorp en Herbertsdale.
Daar is beslag gelê op onder meer ammunisie en vermoedelik gesteelde items soos grootskermtelevisies, verskeie selfone en wapens.
'n Fiets is ook teruggevind en die regmatige eienaar word versoek om die KwaNonqaba-polisie (044 606 5600) te kontak om dit op te eis.
Daar is onder meer op ammunisie beslag gelê
Die regmatige eienaar van hierdie fiets kan die KwaNonqaba-polisie (044 606 5600) kontak om dit op te eis.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'