MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie versoek die gemeenskap om hulle van inligting te voorsien aangaande 'n besigheidsroof wat op 25 Oktober plaasgevind het by Protea, 'n onderneming in Mosselstraat, D'Almeida.
Die voorval het om 16:20 plaasgevind. Agt verdagte mans het die onderneming binnegekom met vuurwapens en het 'n groot kontantbedrag gebuit.
Hoewel die mans die geslote televisiekamerastelsel probeer omseil het tydens die rooftog, is beeldmateriaal verkry van 'n alternatiewe stelsel waarvolgens die verdagtes moontlik geïdentifiseer kan word.
Indien enigiemand die verdagtes op die meegaande foto's herken, kan hulle sers Adele Binneman kontak (082 451 1402).
Die polisie benodig inligting oor hierdie verdagtes se identiteit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'