MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie ondersoek 'n saak van huisbraak nadat vermoedelik sewe verdagtes op Woensdag, 15 April omstreeks 01:50 by 'n drankwinkel op die hoek van Grunter- en Baracudastrate ingebreek het.
Die verdagtes het 'n traliehek oopgebreek en daarna 'n ruit gebreek om toegang tot die perseel te verkry.
'n Onbekende hoeveelheid bier en sterk drank is deur die verdagtes gebuit.
Enige persoon met inligting kan die ondersoekbeampte, kst Ayabonga Lolo kontak (083 964 9225).
Die verdagtes het 'n traliehek oopgebreek en 'n ruit gebreek om toegang te verkry.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'