Update
MOSSELBAAI NUUS - Die verdagte wat deur lede van die Groot-Brakrivier-polisie in hegtenis geneem is in verband met die moord op Tewie en Eurika Human, Tamsanqa Sishuba (26), het op Woensdag, 30 Augustus in die rondgaande hooggeregshof op Mosselbaai onskuldig gepleit op die vier aanklagte teen hom.
Sishuba, wat Sotho praat, word aangekla van die moord en roof met verswarende omstandighede op beide Tewie en Eurika Human.
Sishuba was in dieselfde klere geklee waarmee hy 'n jaar terug in Groot-Brakrivier se landdroshof verskyn het. Sishuba het Woensdag, nadat hy onskuldig gepleit het, aan die hof gesê dat 'n tweede verdagte, Lebohang Rethabile Lekoro (ook bekend as Steven) hom op Maandag, 13 Junie 2016 gevra het of hy ekstra geld wil verdien.
Volgens Sishuba was hy bevriend met Lekoro en het Lekoro vir 'n geruime tyd vir Tewie gewerk. Tewie het 'n riooldienste-onderneming bedryf. Sishuba het aan die hof gesê dat hy en Lekoro op die dag van die moord vroegoggend saam na die Humans se huis is. Volgens Sishuba was dit nog donker en het Lekoro vir Tewie aangeval toe Tewie buitentoe gestap het.
Lekoro het na bewering vir Tewie met 'n panga aangeval. Sishuba beweer dat hy slegs een hou met die panga toegedien het, nadat Lekoro hom beveel het om dit te doen. Volgens Sishuba het Lekoro dieselfde aand glo aan hom gesê: "I finished the old man up."
Tamsanqa Sishuba
Hy sê Lekoro het 'n buskaartjie na Bloemfontein gekoop. Volgens Sishuba het die polisie op 'n Saterdag met hom in sy woongebied, Wolwedans kom gesels.
Sishuba het 'n sleutel van Lekoro se huis in dieselfde woonbuurt gehad omdat hulle vriende was. Hy is saam met die polisie na Lekoro se huis om die deur vir die polisie oop te sluit. Sishuba is kort daarna in hegtenis geneem.
Die staatsaanklaer, Christhénus van der Vijver het aan dr Christa Hattingh, wat die nadoodse ondersoek op die egpaar gedoen het, gevra of slegs een van die kophoue Tewie se dood sou kon veroorsaak. Hattingh het hierop "ja" geantwoord.
Volgens Hattingh is al die kopwonde met dieselfde mate van krag toegedien. Volgens die Suid-Kaap polisiewoordvoerder, kapt Malcolm Pojie, word Lekoro as die baasbrein agter die dubbele moord beskou. Lekoro het vermoedelik na Lesotho gevlug en is steeds op vrye voet.
Die polisie bied 'n beloning aan vir inligting wat kan lei tot sy in hegtenisname.
Klik hier vir vorige artikels:
• Human-moorde: verdagte pleit onskuldig
• Human-moorde: hofverrigtinge 'emosioneel'
• Groot-brak dubbele moord: familie by hof
• Dubbele moord: verdagte vandag in hof
• Groot-Brak-moorde: saak uitgestel
• Gru-moorde: Man in hof vir borgaansoek
• Opvolg: Verdagte in hof vir gru-moorde
• Groot-Brak gru-moorde: Verdagte in hof
• Verdagte vir Groot-Brak-egpaar se moord aangekla
• Opvolg: Verdagte vir Groot-Brak gru-moord
• Man vir Groot-Brak gru-moorde gearresteer
• Groot Brak gru-moorde: Roudiens Dinsdag
• Groot Brak gru-moorde: Honde bly agter
• Groot Brak gru-moorde: Skoonseun praat
• Groot Brak gru-moord: Ondersoek duur voort
• Opvolg: Groot Brak gru-moord
• Opvolg: Groot Brak-egpaar wreed vermoor
• Groot-Brakrivier-egpaar wreed vermoor
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'