MOSSELBAAI NUUS - 'n Verbyrit word vir vanaand, Donderdag, 29 September, beplan ter herdenking van Denielsen Fillies (19), wat die naweek tragies dood is.
Die kommunikasiebeampte van die Groot-Brakriver-polisiestasie, sersant Lauriane Botha, vra dat mense by Nantes se Kruis bymekaarkom en vandaar die roete volg, deur Amy-Searle Straat tot by die begraafplaas, vandaar regs in Wolwedansweg tot by Fillies se ouerhuis.
Botha sê die Groot-Brakivier-gemeenskap wil op hierdie manier hulde bring aan die seun en die familie ondersteun deur blomme, kaartjies, 'n handdruk of drukkies. Die verbyrit word beplan vanaf 17:00 tot 18:30.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'